Koos Roos - Ek Lewe (Anneli Van Rooyen Cover)

Koos Roos - Ek Lewe (Anneli Van Rooyen Cover)

Na die mooi reaksie op my vorige video het ek gedink ek wil weer n lied deel, hierdie keer is dit n klein huldeblyk aan n ongelooflike liedjieskrywer, Anneli van Rooyen, en haar pragtige lied “Ek Lewe.” Ek het probeer om net n bietjie Koos Roos-magic by te sit – op my eie eenvoudige manier. Die lied is vir almal wat iemand het wat ver is… iemand vir wie jy soms ver moet vlieg of baie kilometers moet ry net om weer saam te kan sit en kuier. Daardie mense wat jy altyd n bietjie mis.